My liefie reken my oplossing is wiskundig lomp.
Daar is 17 perde.
HJ: Tel een perd by.
Ta'Annie: Hoekom?
HJ: Sommer, anders werk dit nie uit nie.
Ta'Annie: Luister, mannetjie, hier op die plaas kan jy nie sommer-sommer nie, ons wil weet wat ons doen!
HJ: Ta'Annie, die enigste manier om hierdie ding op te los, is met ou-testamentiese somme. Dit beteken daar hoef nie 'n rede te wees nie, net 'n behoefte. Die ding wil dat ek nog 'n perd bytel.
Dit gee 18 perderasies.
Een helfte = 18 ÷ 2 = 9
Een derde = 18 ÷ 3 = 6
Een negende = 18 ÷ 9 = 2
9+6+2 = 17
Ta'Annie: Haai, my kind! Wil jy koffie hê?
Koos: Nee, gee hom 'n dop. Ek verstaan g'n woord van wat hy verduidelik nie, maar as hy sê dit staan in die Bybel, dan moet ek glo ...
HJ


