Bokomo-brekfisbrief; 24/01/2010: Lojaliteit aan jou vaderland

  • 0

Met die groot sokker om die draai in Suid-Afrika word daar hier byna daagliks iets oor SA geskryf in een van die koerante of tydskrifte.

Een van die koerante wat ek daagliks te lees kry, is 'n gratis koerantjie, Sp!ts, wat op die trems, busse en metro (moltrein) hier versprei word. (Die moltrein ry hoofsaaklik op die oppervlak).

Ek tel die blaadjie by Central Station in Amsterdam op en ry so ongeveer 10 minute met die metro. Gister was daar 'n onderhoud met een van Nederland se mees bekende en geliefde sangers, Gordon. Hy besit 'n huis in Kaapstad en woon 'n deel van die jaar daar.

Die volgende word hom onder andere gevra in die onderhoud:

Wat maakt Zuid-Afrika dan zo bijzonder voor jou?

"Het is een land dat alles heeft, alles in een. Ik heb over de hele wereld gereisd maar ik heb nog nooit een land gevonden dat zo compleet is als dit land."

Dit staan so in kontras met wat ek gereeld hier en in die kommentaar forums op koerante se webtuistes lees. Wittes wat sê dat FW de Klerk het "ons" land weggegee byvoorbeeld. ONS land? Wittes wat onophoudelik moan en groan oor alles die afgelope 15 jaar.

As 'n mens se liefde vir en lojaliteit aan jou land so maklik verloor, dan bevraagteken ek jou karakter. Gordon is 'n beter "Suid-Afrikaner" as die mense.

Afrikaan

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top