Bokomo-brekfisbrief; 23/11/09: Perfekte dae gebeur selde

  • 0

'n Perfekte dag gebeur selde. As jy wakker word en weet dit gaan mooi wees - als aan die dag gaan uitwerk soos jy dit wil hê.

As die lug blou is, die son nie te warm nie, die ligte windjie wat waai net genoeg om jou lyf matig te hou. As die eerste mens met wie jy gesels vrolik is en jou maak lag. As die honde nie vir jou blaf nie, maar stert-swaai nader kom. As die petroljoggie nie suur is om jou tenk vol te maak nie. As jou baas jou vroeg afgee by die werk, sonder spesifieke rede. As jou vriende jou bel en sê: "Kom, dis windstil langs die see, en daar is koue drankies wat wag." As jy heelaand lag saam met mense wie jy lief het, en gaan slaap met 'n lied in jou hart en 'n songebakte lyf.

As jy dan wakker word en jy voel nog so grênd soos gister ... dan weet jy dis 'n perfekte dag wat wag ...

Zahn P

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top