als is oulik uitgewerk, vooraf,
beplan tot in besonderheid, ragfyn,
weet Mens nog min van Hiernamaals,
besef nietemin: opspraakwekkend’ denke,
al is’t ook sogenaamd imposant, imponerend,
loop denklyn, basis daarvan, konserwatief,
uiters benouend, retrogressief, ouderwets,
soos Prof Joan tereg seg: “... ietwat flets ...”,
as, ja, indien Mens dink Mens kan, mag,
Mens, Skepsel-alleen, Kjend van Kjend van God,
in opstand kom, verset pleeg, versus Sý Gebod
kop eerste, vol bloed, uit Moeder uit,
kop eerste, doodgoed, in lykshuis in,
moet Mens een’f anner tyd ma’ besluit,
wil Mens werklik, opreg, Gewete herwin,
of vir ewig onkunde-ontkennend,
dom-nooslik, Waaragtigheid,
Waarheid van Waaragtigheid,
probeer systap, miskyk, vermy
soms is Mens se optrede opsetlik versin,
weet soms nie eens ordentlik, waar te begin,
deur struktuurgeweld omvorm, herskep,
tot sjatansjibbolettis, anti-Paradys-terroris,
ignoramus extremis, Homo Horribilis,
vas, in geesteslawerny, Self-onderdrukking,
-destruksie, gemotiveer deur skreiend-pateties, illusionêr,
neo-fiktief mitologie van “volk”, “nasie”, “ras” en “klas”,
asof Paradyskind ook só, apartheidagtig, verdeel(d) was
Jacobus Faasen


