Bokomo-brekfisbrief; 23/09/08: Afrikaners en kappertjies

  • 0

 

 

Gun my nog ʼn storie oor ons reis in die Ooste. Kenneth en Lidia Meshoe het saam met ons gereis want hy was spreker by ʼn internasionale konferensie buite Seoel wat ons bygewoon het. Indien jy nie weet nie, hy's die leier van die ACDP. Mense wat hulle ken sal vir jou vertel dat hulle baie opregte, nederige mense is. Lidia is ʼn formidabele vrou, ʼn goeie spreker met ʼn fantastiese sin van humor. Sy kan vlot Afrikaans praat en het geen erg aan oordrewe politieke korrektheid nie.

Die konferensie het plaasgevind by Vivaldi Park, ʼn asemrowende ski-oord in die berge met pragtige tuine in die somer. ʼn Groepie van ons het saam met Lidia deur die tuine geloop toe sy opmerk dat die blomme vir haar bekend lyk. Ek wys haar toe die geel en oranje Afrikaners en ʼn entjie verder sê ek vir haar dat die oranje blommetjies onder die bome kappertjies is.

Sy hoor my toe aspris verkeerd en haak af: "Amper die hele reënboognasie is hier, afrikaners en kaffertjies".

Ons almal het heerlik gelag en dit het my laat dink dat dit presies is wat ons land nodig het, meer humor en die vermoë om vir onsself te lag.

Vega

(Gelukkig kan die kappertjies haar nie aankla vir haatspraak nie.)

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top