Ek glo mos onwrikbaar in daardie ding van Gee en jy sal Ontvang, Law of Threefold, of hoe jy dit ook al vir jouself formuleer. Karma. As jy aanjaag, kry jy 'n klap uit 'n ander oord. Ek spot maklik daaroor, maar as jy uit jou hart uit iets goed doen, dan het iemand anders uit gans 'n ander oord alreeds weer vir jou iets beters gedoen. Soos gister weer. Ek het iets gedoen wat iemand anders as baie goed ervaar het, en knap daarna kry ek kennis dat 'n 'vreemdeling' vir my 'n geskenk gepos het.
Zeal, and the virtue to exist by faith
As soldiers live by courage; as, by strength of heart,
the sailor fights with roaring seas.
(William Wordsworth)
Dit is 'n getekende, genommerde kopie (no 1235) van 'n beperkte oplaag van 1500 van:
By Strenght of Heart - Victor de Kock (Limited Edition)





Hoe sê 'n mens dankie? Die wete dat die gewer anoniem is, en dus nie 'bedank' wil word nie, beteken dat die goeie intensie van die gewer in die Universe ingestuur is, en net goeie vrugte kan afwerp. So Pay-it-forwarderig.
Maar baie dankie nietemin!
MaanKind


