Bokomo-brekfisbrief; 22/11/2010: staat van Hoop

  • 0

bestaan ons in ’n stad van ons eie,
Moederstad, Hartstad, Oorsprong,
byeenkoms-, bergberaad-, Parlements-,
kgotla-stad, veilige hawe, skuiling, bres,
teen “Duiwelspiek” se drosterdissipels,
teen “ras”, “klas”-struktuurgeweldstruktuur,
vals profete, pseudo-teoloë, skyngelowiges,
proponente, Twee Ekonomie-eksponente,
Self-destruksie van onkunde-ontkenning,
verwydering van Gewete, Siel, Gees, ja

kanti, Waarheid, ontluisterend, in 2010 openbaar,
Geregtigheid, deur Skepper Deofisieel verklaar,
al moor Sy Kjenners’l Selwers sado-masochisties,
gewetenloos, dom-nooslik, sonder tyd vir waardes,
meer ingestel op XXX, op Lotto-nommers, op IT,
op intergenootskapsaffiliasie, agit-indoktrinasie,
spioenasie, kapitaaldiplomasie, magsmanipulasie,
ondemokraties burokrasie, vuil toilets oppie stasie,
Gevreetboekfasciste, mooi onderdanig aan alles boos,
vertolk hul hul hele lewe hul hele Wese, na Engels,
soos mediamagnate, effektebeursnoteerders’t wou hê,  
’n wêreldwye web waar almal rustig saam koemsja,
oorlogsfronte, moord, haat en nyd, soos VIGS-sterftes,
innie pikdonker dieptes vannie doofpot geberg word,
innie kelders waar slawe donkeraand moes gaan skuil,
sommige van hul ietwat meer verhandelbaar as ander,
lewe, lyde, liefde, Gees, in “Baas” se klipharde hanne,
volledig aan sy superioriteitsmentaliteit onderworpe

al is God vir “Duiwelspiek” hiper-allergies,
wag Hy Houtgerus, Rustig, Sy Kans af,
vir Sy Dag van Afrekening, Verantwoording,
Armageddon, Vuur en Vlam, vir sy vyande,
Belofte van Hemelburgerskap aan al die ander,
Jena-dromers, Messiasvolgelinge, Homo Paradiso,
versinnebeelders van wêreldvrede, Utopiaans,
twyfelaars, maar tog innerlik vas oortuig,
van ’n Hemel, feitlik net soos ons Aarde,
toe Planeet nog kraakvars, splinternuut, was,
God Hom Self eers ’n Blaaskans gegun’t,
Heel Tevrede met Kreasie van Sy Hande,
Toestand waarin Skepsels hul Self toe Bevind’t,
sonder stres en drek van Duiwelspiekdissipelskap

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top