... die manne van Ladysmith wat so lekker kan harmoniseer. Of dit op hul eie is, of met Dolly Parton of Paul Simon of enige ander internasionale ster. Uit al hul albums bly "Diamonds on the Sole of her Shoes" vir my die beste. En 'n kort tweede is "Knock knock on heaven's door", en dan is daar talle Zoeloe-liedjies. Eie aan Suid-Afrika en eie aan die KwaZulu-Natal se middellande.
Ladysmith Black Mambazo verdien om 'n nasionale orde te kry. Hul rekord oor die wêreld spreek boekdele uit.
Yuri
NS - Die nasionale orde span die kroon op 'n loopbaan wat onder meer Grammy's insluit. Dus is hulle ons beste. Ek dink so.


