Sal Sonja Herholdt nou nie trots wees op ons oor die opskrif van hierdie e-pos nie! Ons het nou gevorder tot by Alexandropoulos in die ooste van Griekeland. Dis ’n pragtige groot stad aan die Egeïese see kort duskant die grens met Turkye.
Na ons laaste skrywe het ons ’n genotvolle dag in Pompeii deurgebring en die ruïnes van die ou stad besoek en heerlike pizzas geëet by ’n rasegte Italianer wat net kan Italiaans praat. Vandaar het ons na
Ons het doodmoeg 05:00 die oggend in Griekeland aangekom en na
Van Olympia was dit ’n kort rit na Athene waar ons reg langs die hoofpad in die stad in ’n kampplek afgepak het. Behalwe dat die verkeer ons deur die nag wakker gehou het, het ons tog lekker gebly. Die besoek aan die Acropolis-kompleks was werklik ’n hoogtepunt. Langs die Acropolis-heuwel is ’n nuwe museum gebou wat seker een van die mees indrukwekkende museums is wat ons tot nog toe besoek het. Uit ’n argitektoniese oogpunt gesien is dit ’n fenomenale gebou wat baie deeglik beplan is en wat die besoek ’n ongelooflike ervaring gemaak het. Die een muur van die gebou is geheel van glas en kyk uit oor die Acropolis-heuwel terwyl die artifakte in die museum binne reikafstand uitgestal word. Ons het ’n boekie oor die Griekse mitologie gekoop om ons net weer gou op te skerp om die betekenis van baie van die beelde en geboue te verstaan. Ons het diep onder die indruk van die eeue-oue beskawing gekom waar demokrasie reeds 500 VC ’n gevestigde beginsel was.
Die hoogtepunt van Griekeland het egter nog voorgelê. Van Athene het ons na Kastraki gery – so 350 km noord van Athene. Kastraki is bekend vir die majestueuse rotse wat bokant die dorpie uittroon en waar die Grieks-Ortodokse kerk ’n aantal kloosters bo-op die rotse gebou het. Dit was werklik iets besonders om te sien en die natuurskoon te beleef. Ons het letterlik honderde foto’s geneem omdat elke toneel wat hom voordoen so besonders is dat jy dink dis die mooiste wat daar nog was – net totdat die volgende meer asemrowende gesig voor ons opdoem.
Een van die voertuie in die groep het brandstoftoevoer-probleme ontwikkel en ons het die voertuig gesleep tot in Thessalonika waar ’n Land Rover agentskap is. Hulle kon egter nie die probleem oplos nie en die eienaars het besluit dat die voertuig te onbetroubaar is om die tog terug deur Afrika aan te pak. Ongelukkig het hulle ekspedisie tot ’n einde gekom en sal hulle die voertuig terug verskeep Suid-Afrika toe en hulle sal self terug vlieg. Dis ’n groot jammerte maar dis maar hoe dinge werk op so ’n tog.
Terwyl ons in Thessalonika was het ons verneem of die Tessalonisense al vir Paulus teruggeskryf het maar dit is so groot stad dat ons nie n direkte antwoord van iemand kon kry nie! Van hier is dit vir ’n paar dae na
Groetnis,
Thomas
(Jou foto's het ongelukkig in die slag gebly, of eerder, jy het vergeet om hulle aan te heg! Maar ons kry darem steeds die idee, en is bitter jaloers. Webvoet)


