Baby, o, my baby,
Maak dit veilig en warm vir my.
By jou volg net die nag op elke dag
en die dag stoot die nag weer opsy.
O, baby, o, my baby,
by jou waar die stil waters vloei,
kan ’n stadige hand se sagte kant
lig uit die son laat bloei.
Laat ’n stadige hand my verlei
dat my hart ’n bietjie stukkie-stukkie vrede kry.
Laat ’n stadige hand my verlei
dat my hart ’n bietjie stukkie-stukkie vrede kry.
Hier’s ’n kampvuur vir die koue van jou hart,
koue water vir die kole wat jou lyf brand.
Laat ’n stadige hand my verlei,
welkom in die kaia van my.
O, baby, o, my baby,
neem die skerwe van gister se droom
tot die nag sy slaapsak oprol
en ’n nuwe dag wit oor my stroom.
O,baby, o, my baby,
neem my hart dat jy hom bevry
en hom naak ontklee, met ’n stadige hand,
vryer as die wind verlei.
O,baby, o, my baby,
jy kan troos – jy help, jy’s hier-
en my vashou tot die bang verdwyn
en my wese met goeie nuus versier.
O, baby, o, my baby, jy sê
net skape word deur herders gelei.
Maar die nuwe dag bring ’n nuwe krag,
breek brood, drink die beker wyn saam’t my.
(Die lirieke van Anton Goosen se talle treffers van 1974 – 2005 is opgeneem in sy boek getiteld Hitte vannie teerpad.)
Groete
Adriaan


