Bokomo-brekfisbrief; 21/12/09: Die eerste dekade van die derde millennium - hoogte- en laagtepunte?

  • 0

Ons is so ingestel op 2010 en wat dit alles vir ons land gaan beteken, dat ons amper vergeet dat dit nou die einde van die eerste dekade van die derde millennium is ('n mens kan seker nie meer praat van die "nuwe millennium" as 'n dekade reeds verby is nie).

Om terug te kyk na die afgelope dekade neem tyd - en nadenke. Wat sou die mees betekenisvolle gebeurtenisse wees? Watter persone het die meeste invloed gehad? Wat het die wêreld geruk en waarom?

Wat vir my die top tien "groot gebeure" van die afgelope dekade was:

1. 9/11 - Aanslag op Amerika in 2001;
2. Die "die dot com crash" van 2000 - 2002;
3. Die onwettige inval en oorlog in Irak in 2003;
4. Die tsunami van 26 Desember 2004;
5. Die opkoms van China en Indië as werklike wêreldmagte;
6. Die verslag van omtrent 800 wetenskaplikes aan die VN dat klimaatsverandering baie waarskynlik mensgemaak is;
7. Rusland se subtiele nuwe aggressie en magsvertoon;
8. Die koms van Web 2.0.
9. Die resessie van 2009;
10. Die verkiesing van Obama.

Coenie K

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top