Bokomo-brekfisbrief; 21/11/08: Die gezoem van die … e … muskiete?

  • 0

 

 

Muskiete lááik my. Kwaai.

Hulle sal vir my tussen 'n hele zoer anner mense uitsnuffel en aanval.

Ennie anti-muskietsap wat ek opspuit/smeer/plak/verf is vir hulle blykbaar soos 'n pikante sousie oppe geurige biefstuk -nét lekker.

Dinge word snags vererger oor ek eenvoudig nie in 'n kamer met toe vensters kan slaap nie. Moet vars lug kry. Daai smaart lêktriek anti-muskiet gedjits werk glad nie in 'n goed belugte kamer nie.

Die vensters moet ook oop solat die paddas vannie dammetjie duskant die huis my annie slaap kan sing. Kunstenaarpaddas sing mooi en bou geesdriftig paddavissies, maar hulle is net mooi useless as dit by harde paddawerk kom. Soos om die eskaders muskiete wat die dammetjie genereer uit te haal voor hulle op arme ekke kom toesak. En nou wil ek juis nie chemiese oorlogvoering teen die muskiete op hulle tuisbasis begin nie, uit vrees dat ek dalk die sangers en hul kroos kan skade doen. Kannie wennie.

Slapende skoonheid neffens my word bykans nooit aangeval nie, veral nie as lekker sappige ek ook op die spyskaart verskyn nie. Ek vermoed haar bloed is bitter. (Maar ek baseer dié gevolgtrekking op fyn waarneming van haar ysig bedonnerde reaksie as ek haar wakkerwoel terwyl ek muskiete afveg, eerder as empiries-wetenskaplike toetsing.) Na een besonder gewelddadige muskietaanval, waarin ek later so leeggesuig is dat ek nie meer krag oor had om te krap virrie jeuk nie, kry sy toe tog maar jammer bo-op my. Toe ek die volgende dag (steeds poepogig en bleek vannie bloedverlies) tuis kom, hang daar so wrintie 'n muskietnet oorie bed!

Die verskriklike ervaring wat ek daai nag onner daai net gehad het, is iets waaroor ek nie maklik praat nie. In elk geval nie sonder dat my keel toetrek en my oge vol trane skiet nie.

As plaaskind weet ek dat enige wilde dier aggressief en gevaarlik raak as jy hom vaskeer. Moet dit nooit doen nie. Ook nie mette muskiet nie. Hoe dit gekom het weet ek nie, maar toe ek weer sien, is ta inkant die net. Blikleeu se moer! Die vasgekeerde dierasie het waansinnig geraak en my probeer verskeur. Selfs skoonheid had dié keer 'n hap of twee gekry.

Ek't nou my Duitse herdershond beginne oplei om die muskiete aan te val as hulle die kamer wil binnekom ... wat? O ja, ek't vergeet om te vertel hoe GROOT onse muskiete is ...

Papkop

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top