toentertyd was Mens proppers eenvoudig,
post-Paradyslik, tegnologies ietwat primitief,
selfs wat seks betref, nie sporadies progressief,
was daar oorgenoeg spys, drank, vir almal,
selfs vegetariërs, veldkosknagers, ou hippies,
“te veel agressie in rooivleis, senings, murg,
warmbloediges se bloed vir gene nie goed”
bou Mens van vroeg af mure, bresse,
apartheidsbuurte, skanse, versperrings,
word grondbesit verdedig, afgebaken,
Self-destruksiesindroom, via vernietigingskiem,
verloor keer op keer, vyand teen vyand,
oorlog nooit tot voordeel van iemand
meeste Mens wil liewer liefdesliedjies, zefpop, luister,
gewetenloos geweld van struktuurgeweld probeer ignoreer,
dis hoekom romantici, seepsangers, romanskrywers,
so donners baie katjieng, blieng, kollek, bymekaarskraap,
op glansrykgeleenthede wys hoe uitgeslaap, slinks, hulle is,
oorweldig deur tjieng-tjieng-vermoë van geld, moela, malie,
sien kapitaalbestel kapitalisties gedrewe sy ultra-kapitale alie
neem groeikapasiteit van hardnekkig-hardvogtigheid toe,
tot geestesvlak van Fascis, pseudo-demokraat, neo-Nazi,
selfs by kongres minder partylede as saamsing-paparazzi,
onbekommerd, ongeërg oor drasties toename in leed,
mede-Mens se pyn, swaarkry, hartseer, bloed en sweet,
NDR-tribunaal vir neo-elite, onverstaanbaar, vergesog,
was hul stryd dan altyd teen apartheid, VIGS, beslis,
hoef kapitalis nie geldmagsmotief argaïes te laat rus,
word spontaan gegatkruip, genetwerk, glasies geklink,
hoef Mens nie meer vir Mens Self, aan ander, te dink,
word veels te min oordadig welvarend, über-superskatryk,
woonplek, viertrek, geveinsd’ op blasé dinees vergelyk
hoe op Aard’ kan redelikheid, nou, so laat,
só, met baba, weggooidoeke, badwater, tyotyombi,
“Duiwelspiek”, “Boesman”, “Kwere Kwadraat”,
dié “isiBhulu”, “Kafferkaans” wat “AmaBhulu” nog praat,
met impempe wat nog nooit behoorlik gevuthela issie,
by die agterdeur uitgesmyt, oppie vlakte uitgewerp word,
te groot noggie belemmering op Gewete-herwinning,
te veel vas aan, onbewus van eige onkunde-ontkenning
hoe de duiwel kan mag van algeheel meerderheid,
so kort ná Codesa Twee, ná “afskeid” aan apartheid,
afgewater word tot ‘n subterrestriaal’ etterdreksop,
deur spindokters, ideologie-strateë, ideologies verdun,
bedryf rykes, kohorte, askari’s, slawe, eunugs, slavinne,
hul eie ekonomie, kompleet met kunsmatig’ gode, godinne,
betreffend filosofie, denk- en werkswyse, teologie,
ver te anders, te onayoba, van óns deel te wees,
leef andersdenkendes wêreldwyd in al groter vrees
en Ntu, Eerste Mens, eigene Bloed, selle Vlees,
Skeppingsidee, -volgeling, uit’l opheffing uit gereduseer,
ná WO1 finaal tot half-naat, half-Mens verklaar,
tot stereotipies’ karikatuur van “onderste-oppie-leer”,
van Mens wat daagliks hoon, smaad moet ontbeer,
ontmenslik, ont-Mens, gedehumanifiseer,
deur sogenaamd’ algemeen-beskaafdes,
regsplegers, wetmakers, instandhouders,
van struktuurgeweldsaanblasers, Bi-Ekonomie-teoretici,
verdoeselaars, besoedelaars, onthouers, geheimhouers,
van Waarheid, Geregtigheid, Waarheid van Geregtigheid
maar m’t dissipline, respek, liefde, ja,
kollektief gehoorsamigheid aan Een Skepper,
submissief-slaafs navolging van Een Vader,
pro-aktief aanbidding van Een Wesenlik’ God,
soos ‘n paar Millenniums geleë, in Paradys-lokaal,
kan en sal Mens, waar ‘n wil is, plek moet maak,
vir bogenoemde, uit hoofde van (‘n) prakties noodsaak
Jacobus Faasen


