Bokomo-brekfisbrief; 21/08/2010: Oom Nick

  • 0

Die deursnee SêNetters sal nie weet van wie ek praat nie. Die manne wat hou van perde en jokkies en dit wat in die totes gebeur sal wel weet.

Oom Nick Claasen. Legende. Perde trainer. Bron van vele "tips" vir menige dobbelaar. Want as oom Nick gesê het 'n perd gaan wen en jy moet wed op hom dan is dit jou eie skuld as jy nie geld gemaak het nie. Het elke perd op elke renbaan geken asof hy hulle self met die hand grootgemaak het.

Ek onthou dat 'n boks oesters die beste tips gebring het. Sommige hier beskou oesters as omkoop. Oom Nick het net geëet.

Ek weet, oom Nick, van jou onbaatsugtige optrede. Ek weet van die gevalle waar jy geld voorgeskiet het en blindelings mense vertrou het en vertroue geëis het. Ek weet, want ek het dit gesien hoe 'n man vir oom Nick gebel het om te vra oor die welstand en oom Nick gehoor het dinge is nie wel nie. Oom Nick het gevra: "Hoeveel geld het jy nodig?"

En die R100 000 was die volgende dag in die rekening. Sonder kontrak of handtekeninge soos die nuwe generasie twyfelaars vereis. En oom Nick het bloot beduie: "Volgende week sal jy my geld dubbel en dwars terugbetaal". Want 'n oogkyk en 'n stywe handdruk was vir hom kontrak genoeg. Soos dit hoort.

En was oom Nick se R100 000 die volgende week met rente terug. Want oom Nick het om een of ander vreemde rede altyd geweet watter perd sou wen. Al wat jy moes doen was om by die waters te drink. En jou geld op te sit.

Ek hoop jou nie rus toe nie, oom Nick, ek hoop jou daardie rush langs die renbaan toe. Want dit kan nie anders nie. Want perde was in jou bloed. Die punters wonder hoeka of oom hemel toe is en of oom nie dalk langs 'n renbaan is nie.

Ek hoop ook dat ek eendag in die posisie is om daardie vieslike uitvaagsels wat jou in jou toestand in aangerand het persoonlik teë te kom. Die Pote weet hulle het uit die Transkei gekom in die hoop dat jy baie geld op jou sal hê. Jou in 'n koma in geslaan het en jou netso gelos het vir jou selfoon en die paar sente in jou beursie. Ons sal nie kwaad raak nie, oom, ons sal hulle net geregtigheid laat proe. En hulle vir die haaie voer. Sonder allerhande lang gesanik met polieste en howe en grondwette en dergelike niksseggende stukkies papier. Eendag, oom Nick, eendag. Tyd is geduldig.

Vir jou was die mooiste ding op aarde 'n jong "merrie" (daai met die twee bene) en die tweede mooiste ding 'n jong merrie perd (dis nou die met die vier bene). Ek hou meer van 'n merrie (veral as haar naam met 'n E begin) en dan van 'n 747, maar ek kan settle met derde beste plek: Hoeveel dinge is mooier as 'n jong perd op haar beste?

Groete uit Oesterland, my oom.

oester

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top