Bokomo-brekfisbrief; 21/03/2010:Spekskiet-en-eiers Brunchbrief

  • 0

Moeder is druk besig met die huiswerkies, maar sy hou so nou en dan darem ’n ogie oor Kosie waar hy in sy kamer speel.

Van veraf hoor sy Kosie se bulderende stemmetjie. Ongesiens loer sy by die kamerdeur in. Kosie staan agter ’n kateder opgestapelde speelgoed en lees en preek dat die spoeg so spat uit die Bybel vir Kietie-kat wat grootoog op ’n stoel sit, reg om die loop te neem as dinge te wild raak.

“Ja, glimlag mag die moeder wel, by die vertederend kinderspel.” Hy gaan nog eendag ’n dominee word, dink sy terwyl haar hart met trots swel.

Ewe skielik is daar ’n helse lawaai. Dit klink kompleet asof die duiwel losgelaat is. Meubels val om en dan die aller verskriklikste katte-geskree. Woes storm Ma die trappe op, skop Kosie se deur oop en sien met verbystering hoe Kosie vir Kietie-kat in ’n bad water versuip.

“Jy moenie dit doen nie,” skree sy, “katte hou nie van water nie.”

“Hy moes daaraan gedink het vóór hy by mý kerk aangesluit het,” skree Kosie terug.

Groete

Angus

NS: Êrens moet sê: Apologie aan AG Visser (Toe die wêreld nog jonk was)

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top