Bokomo-brekfisbrief; 21/02/2010: sitrap van "˜Self'-destruksie se verskrikking

  • 0

Zabalaza nou al aan flarde, flenters,
net skerwe oor van vryheidsvegters se NDR,
val ons struggle-aktiviste plat, op'l strydroskniege,
bid'l, onverstaanbaar uit-duim-gesuig verhaal van kapitaal,
kanala, lat kapitalis se kind, tog nettie paal moet haal,
wa, vrag en al, deur drif kan sleep, ondersteun deur Askari's,
Mammon se dubbel-agent-infiltreerders, verraad-raffineerders,
Gomorra-projekleiers, Babilon-priesters en muurskrifleerders,
maak hul gat met naam van ons Een, Enig', Skepper, Vader,
sleep hul al ons pensioengeld-uitkeerfonds se fondse nader

bid oud-stryders dat Kapitaal ten volle sal herstel,
net ‘Ekonomie Twee', of dan miskien ook die ‘ora',
toegelaat mag word om uiteindelik te vou, te faal,
sjuip Duiwelspiekdissipels tussentyd eie moetie-medisyn,
eisj, ‘home brew' in koelte van spaza-sjebien opgedien,
verdrink hul hul eie kinders, stadig, in struktuurgeweld se pyn

kapitalis se wapens, middels van massavernietiging, nou al meer beperk,
amper op einde van produksielyn, soos eeue gelede reeds voorspel,
g'n guerilla nou meer veilig, welkom in moskee, sinagoge of kerk,
elk' ikoon se boodskap ten volle herskryf, hervertolk, verdraai,
wil Mens weet hoekom somerwind so ongemaklik koud waai,
wat het seisoenvoorspelbaarheid so onvoorspelbaar laat draai,
wie hou aan, hul ‘Self' so wetenskaplik-gewetenloos te verraai?

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top