Twee seuntjies is daarvoor bekend dat hulle verskriklik stout is. Indien enigiets in die dorp verkeerd gaan, is hulle op een of ander manier daarby betrokke.
Hulle ouers vind uit dat die dominee help om kinders te dissiplineer en vra dat hy met die twee seuns praat. Hy stem in en vra dat hulle hom afsonderlik kom spreek. Die ma stuur eers die jongste om die dominee by die kerk te ontmoet.
Die dominee, ’n groot man met ’n harde stem, vra die seuntjie: "Weet jy waar God is, seun?"
Die seuntjie skrik homself boeglam, maar sê niks.
Hy vra weer, maar hierdie keer ’n bietjie harder: "Waar is God?"
Die seuntjie maak nie ’n geluid nie en die dominee vererg hom: "WAAR IS GOD?"
Die seuntjie gil terwyl by die deur uitstorm. Hy hardloop reguit huis toe en gaan kruip onder sy bed weg. Toe sy ouer boetie hom daar kry, vra hy wat aangaan.
"Hierdie keer is ons in GROOT moeilikheid." sê hy, "God is weg, en hulle dink ons het dit gedoen!"
Paul


