Bokomo-brekfisbrief; 20/11/2010: Verloor gewig ...

  • 0

Liewe SêNetters

Hier is 'n wonderlike eetplan vir dié wat sukkel met hulle gewig. Dit het 'n ruk gelede oor die Internet hier aangesweef gekom.

Hoe om 20kg in een week te verloor!

Maandag:
Ontbyt: Halwe koppie flou tee
Middag: Halwe pruimedantpit
Aand: 1 mossieboud (oondgebak)

Dinsdag:
Ontbyt: Gekapte krummels van een roosterbrood
Middag: 1 doughnut gaatjie (sonder suiker)
Aand: Lees ’n resep vir gebraaide kalkoen deur

Woensdag:
Ontbyt: 1 duifeier (gekook)
Middag: 6 papawersaadjies
Aand: Bye-knieë in asyn gemarineer

Donderdag:
Ontbyt: 10 tamatiepitte
Middag: 1 nawel van ’n lemoen
Aand: 3 Aartappelogies

Vrydag:
Ontbyt: 2 Kreefvoelers (suig net)
Middag: 1 gekookte skoenlapperlewer
Aand: Sopaftreksel van ’n jellievisbeen

Saterdag:
Ontbyt: 4 gekapte piesangpitte
Middag: 1 goudvisvin (liggies gekook)
Aand: Geroosterde miggieboud

Sondag:
Ontbyt: Ingelegte suikerbekkietong
Middag: Prima-rib van ’n paddavis
Aand: Geroosterde springkaanboud

Maandag:
Bel vir AVBOB en tref begrafnisreëlings

’n Vrou is nóóit te vet nie, net soms nie lank genoeg vir jou gewig nie.

 

Laat weet gerus of dit gehelp het?

Gewigtige groete

Ellen Botha

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top