Mense

Vanjaar was iets spesiaals. Mooi, mooier, mooiste – tot jou siel kon dit aanvoel. En lente is verder gevul deur die geurige ruik van jasmyn.

Dit bly iets vir die oog.
In die omgewing van Uniegebou, Jorissenstraat, Loftus, Meisies Hoër, Parkstraat, Fehrsenstraat, Farendanstraat, langs die Apiesrivier – die hoofstad het sy jakaranda-kombers reg geskud om weer te spog.
En vanjaar lyk dit asof die jakarandas nie skaam is nie. Hulle bars uit hul nate om kleur te verskaf – en die perstapyt of die sypaadjies bly net iets spesiaal – veral as die jakarandablomme onder jou voete pop.

Boonop vir die wat lief is vir geure, bo in Parkstraat, daar by Girls’ High, gee die dennebome se vars ruik nog verder iets om van te jubel ….
… dis lente … dit is
Yuri
NS Foto’s effens bederf deur ‘n foutiewe lens.


