*Dames, moenie die krap-en-koop aand vergeet nie. Dis ook jou kans om van al die onnodige goed in jou huis ontslae te raak. Onthou om jou man saam te bring.
*Die interkerklike vredesberaad is gekanselleer weens sinodale konflik.
*Moenie dat bekommernis jou doodmaak nie. Laat die kerk help.
*Die koste vir bywoning van die gebed- en vas-konferensie sluit die koste van die etes in.
*Vanoggend se erediens handel oor "Ons Redder loop op die water". Vanaand se preek: "Waar is ons Redder?"
*Me Charlene Mason van die Metodiste gemeente het vir ons "I will not pass this way again" gesing, wat ons almal groot vreugde verskaf het.
*Volgende Donderdag is daar oudisies vir die kerkkoor. Kom gerus as jy niks aan het nie.
*Barbara is nog in die hospitaal vir bloedoortappings. Sy sukkel om te slaap, en het kassette van Ds Giel se preke gevra.
*Die dominee gaan sy afskeidspreek lewer, waarna die koor gaan sing "O blye dag".
*Klaas Buitendag en Debbie Prinsloo is op 3 Oktober getroud. En so eindig ’n mooi vriendskap wat in hul skooljare begin het.
*’n Boontjiesop-aand gaan in die kerk se lapa gehou word. Bring ’n baadjie saam ingeval dit winderig en onplesierig raak.
*Die onderwerp van Maandagaand se gemeentebiduur is: "Die hemel, hoe kan jy daar kom?" Vervoer vertrek om 19:00 van die bushalte oorkant die ouetehuis.
*Die lae selfbeeld-ondersteuningsgroep vergader Donderdagmiddag om 15:00 in die sysaal. Gebruik asseblief die agterdeur.
*Die Weight Watchers-groep vergader Donderdag om 14:00 in die saal. Gebruik asb die dubbeldeure by die sy-ingang.
Groete
Angus


