Dankie dat jul bereidwillig was om te help. Ek het al baie mense gevra om te help met geen positiewe resultate nie, die beste poging tot nou toe was laasweek gerig aan Anton Goosen wat vir Martin Lane nadergesleep het en die het terugvoering van Jurie Els gekry en wag nou op iemand wat in die SAUK musiek-bib werk, se terugvoering. Ten minste ken hul die liedjie, dis net om op die naam daarvan en die van die manlike solosanger af te kom, en as hierdie poging nie werk nie, dan weet ek nie. Lance James het laat weet: “Sing dit vir my!” Maar hopelik lewer die bib soektog iets positiefs op …
Wat my kitaarspel aanbetref, dankie, maar gemeet teen bv ’n professionele gholfspeler, trek my kitaarspel seker so op ’n 10 voorgee.
Groete
Pieter


