Na 'n lang gekuier by die plaaslike kroeg, nooi 'n dronkie sy drie pêlle uit om nog vir oulaas 'n loopdop by hom te kom drink.
Sukkel-sukkel bereik hulle al kruipende sy woonstel op die sewende verdieping. In sy sitkamer vergaap hulle hulle aan 'n yslike koper ghong teen die muur.
"Wat she ghong ish dit hierdie?" wil een weet.
"Dish nie 'n ghong nie, man; dishe Chrishten-horlosie," antwoord dronkie. "Wag, laat ek, hik, julle wysh." Hiermee gryp hy 'n hamer en gee die ghong 'n geweldige hou.
"Jesus Christus!!! Hou op met jou donnerse lawaai!" skree iemand aan die anderkant. "Dis tien voor drie in die oggend!"
Groete,
Angus


