Bokomo-brekfisbrief; 19/10/2010: Dink vir jouself ...

  • 0

 ... en gun aan ander ook die vreugde daaraan ...

Het jy iets uit Johannesburg gehoor?

Ek toets die afstandbeheer op my ma se TV so in die loop om ligte af te skakel.

Ek is alleen, verlang, en het besluit om vroeg in die bed te klim.

Die TV is nog op sy plek en dit werk nog. Terwyl die skerm opwarm, skyn daar totaal onverwags beelde uit ‘n donker Afrika. Dit raak al hoe helderder en dans rond in my gesig.

Ek sak verstom in my ma se stoel. Verstard oor al die geweld in die prentjies; so bekend aan my uit my diensplig dae. 

Wat de hel!

Dis dan 2010. My dogtertjie is gebore en nog nie eens twee jaartjies oud nie!

Hoe verduidelik ek eendag so iets aan haar?

Nelson Mandela is mos al lankal uit die tronk. PW Botha en sy vrou is albei lankal oorlede. FW is al ‘n ouman ...

Waarom die wonde op nasionale TV met soveel sensasie oopkrap!?

Ek sit terug, diep teleurgesteld en kyk.

Oliver Tambo. Ek onthou nog wat ons in PW-en-Seuns van hom gehoor het: “... every drop of a white mans blood, is like a drop of rain in the desert”. Ek wonder stil of hulle dit ook sal wys.

Nee, Desmond Tutu en al die ou ANC kamerade se entoesiasme maak my skaam ...

Maggie word netjies “ge-frame” met haar tipiese Ingelse en gesplete tong ...

Ronald Regan beskerm so ewe nog Amerika se belang hier aan Mzansi ...

Die skrif is duidelik aan die muur.

Elke swartmens wat vanaand ingeskakel is en kyk, gaan met nuwe oë neerkyk op die “Boere” ...

Dis te laat.

Maar wie kan dit keer?

Ek besef; dis vandag se mediavryheid!

‘n Mens kan nooit seker wees dat die mening wat ‘n mens probeer keer, ‘n valse een is nie. En selfs al was dit, is dit dan nie ook boos om dit te belet nie?

Sensuur, het reeds bewys hoe ‘n volk soos die Nasionalistiese Afrikaners in ‘n slawe omskep kan word. Tot vandag toe kan hulle nie vir hulself dink nie.

Het ek dan nie die reg om die TV af te skakel en te gaan slaap nie?

Ja, dis my reg!

Maar ek doen dit nie.

Sensuur is ook ‘n bewys van gebrek aan self-esteem. Dis ‘n kenteken van fundamentaliste.

Ek moet klaar kyk en sien of hulle iets uit JHB gehoor het. Wat is dit wat die harte hier aan Mzansi nog so pyn?

Dis nie of ek saamstem, en of dit eens bedoel is om my te laat goed voel nie ...

Nee, die boodskap is te onheilspellend...

Die vulgêrste boeke was nog altyd dié met swart strepe en gate wat deurskyn in die sinne.

Ek voel verlig oor die propaganda. Beteken dit nie dalk dat ons nog vry is nie?

Ek het mos al geleer op die werf; die enigste wapen teen slegte idees, is goeie idees.

Media vryheid kan goed of sleg wees. Maar sonder vryheid, kan die pers net sleg wees.

Ja, en die “purples” regeer mos vandag ...

Die reg tot openlike kritiek, is ons enigste waarborg tot vryheid.

Wat gaan ek eendag vir my dogtertjie vertel?

 Wat het sy hiermee te doen?

Dis so onnodig. Of is dit?

Sal ons ooit vry wees?

Miskien. Miskien nie. Hier sit en tik ek nog.

Dis laat. Ek moet gaan slaap ...

Sondaar

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top