Bokomo-brekfisbrief; 19/09/2010: En die skaap wei al verder

  • 0

…van die skaapwagter af. Nadat ek vanoggend die vrag van my vingers afgelaai het … het iemand nog ‘n load op my gemoed se toetse gelaat.

Volwassenes wat die vier weke straat-diski gedans het … het so ‘n pragtige voorbeeld gestel, dat die kinders dit slaafs navolg, sonder die nagevolge van volwasse tugtiging. Kinders het goeie spangees en ken die reëls; “anything you can do, we can do better”.

Intussen het nog ‘n taxi-tax sy wiele verloor terwyl die klank van metaal nie die gil van ‘n mens kan verdoof nie, terwyl ‘n liggaam sy briek onder die wiel aandraai … die merke in rooi getooi.

Slim mense sê; waar daar ‘n rokie trek, is daar ‘n vuurtjie. Meeste staar hulself blind om te sien hoe hoog die vlamme gaan brand, dat min die slange vanuit die bos sien kom om hul aan die hakskeen te pik. So sien ons gewoonlik nooit die regte gevaar nie … want ons staar ons blind aan dit wat voor ons staan.

Die brug tussen die Bybel en Koran is verbrand. In die kloof lê die vyand laag … die boog ‘n styfgespande snaar met woordepyle in gif gelaai … want God en Allah sal die sein met ‘n wit vlag seën. Heilig sal die oorlog wees.

‘n Horing uit die host gesny en flardes vinne in ‘n bebloede baai om die mensdom se vanity te paai. Terwyl die voël se siekte ook die mal koei raak en steeds bly mense nie getraak … want bome groei meer in geld en die rivier se mond raak nou droog. Steeds is seewater ongetem en Hemp onbenut. Die son se krag word nou duur en die vier winde waai te flou. Maar die aarde se diep verskuilde prag word soms kwaad en ruk hom reg … sodat mense wonder hoekom die onreg?

Drome word nou skugter en ooh, so skaam … want wie is jy om so aan die sterre te wil kom hang?

Groetnis,

Sue

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top