Bokomo-brekfisbrief; 19/05/2011: Afrikaans

  • 0

Dikwels hoor mens die bewering dat Afrikaans nie sal uitsterf solank mense nog die taal praat nie. Wel, hulle praat hom al klaar nie meer nie:

’n Rugbykommentator sê nou die dag “hierdie wedstryd gaan opleef tot verwagtinge”.

In ’n radio-advertensie: “Die menings hier uitgedruk is nie noodwendig die van die SABC nie”.

’n RSG-omroeper: “Ons saai uit vanaf die Pretoriase skougrond”’.

’n Organiseerder van ’n fees, nogal iewers aan die kamtig Afrikaanse Weskus: “Ons hardloop hierdie fees al sedert ... “ en “die wat nie hier was nie het uitgemis".

FB skryf nou die dag hy het hom vrek gesukkel om ’n lesing in Afrikaans aan te bied.

Die taal sal nie bly leef omdat ons hom praat nie, hy sal slegs oorleef as hy ons erns is.

Jan Rap

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top