Bokomo-brekfisbrief; 19/04/2011: Samesyn en die lekkerte daarvan

  • 0

Op ’n koue Hoëveldse oggend het ek besluit om my dierbares te trakteer op lekker "winterkos" – geurige beesstert, stampmielies, vars groente en ’n lekker malvapoeding om mee af te sluit – en het ek weereens besef hoe kosbaar die samesyn van my gesin is.

Veral omdat Kleinboet oor 8 dae na die buiteland vertrek om internasionale gehore tot in Desember te trakteer op immergroen internasionale treffers soos “Unchained Melody”, “Bohemian Rhapsody”, “Halleluja”, “Mama”, “Musica” ens – was die kuiertjie baie spesiaal. My seëninge is weer getel, en ek besef net weer, ons mense kan darem lekker kuier en eet!

Geitjie

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top