... regtig!
Hy het gevra of ek asseblief die volgende aankondigings sal maak:
• 'n Boontjiesop-aand gaan in die kerk se lapa gehou word. Bring 'n baadjie saam ingeval dit winderig en onplesierig raak.
• Die onderwerp van Maandagaand se gemeentebiduur is: "Die Hemel, hoe kan jy daar kom". Vervoer vertrek om 19h00 vanaf die bushalte oorkant die ouetehuis.
• Volgende Donderdag is daar oudisies vir die kerkkoor. Kom gerus as jy niks aan het nie.
• Die lae selfbeeld-ondersteuningsgroep vergader Donderdagmiddag om 15:00 in die sysaal. Gebruik asseblief die agterdeur.
• Vir Melt, en andere, die Weight Watchers-groep vergader Donderdag om 14:00 in die hoofsaal. Gebruik asb die dubbeldeure by die sy-ingang.
• Erika, is nog in die hospitaal vir bloedoortappings. Sy sukkel om te slaap en het kasette van Deon Swanepoel, se preke gevra.
• Die koste vir bywoning van die gebed- en vas-konferensie, sluit die koste van die ete in.
• Kobus de Klerk, gaan sy afskeidspreek lewer waarna die koor gaan sing "O, blye dag". Laaskeer het Vega, van die Metodiste gemeente, vir ons "I will not pass this way again" gesing, wat ons almal groot vreugde verskaf het.
• Dames, moenie die krap-en-koop aand vergeet nie. Dis ook jou kans om van al die onnodige goed in jou huis ontslae te raak. Onthou om jou man saam te bring.
• Die interkerklike vredesberaad is gekanselleer weens sinodale konflik.
• Moenie dat bekommernis jou doodmaak nie. Laat die kerk help.
Hindoe-Moslem-Katolieke-groete,
Cornelius Henn
(Als ou grappies natuurlik, maar dit bly prettig! Webvoet)


