Vir die wat weet en koerantspotprente gevolg het, was Jojo ’n uiters humoristiese karakter in The World as spotprent-karakter. Ofskoon The Sowetan die tradisie van Jojo voortgesit het, het die nimlike ou man stilletjies gesterf. JoJo was alles – sokkerondersteuner, eggenoot, maaifoerie, taxi-bestuurder …
Die afgelope ruk het Yalo, die spotprentkunstenaar van The Sowetan op ’n soortgelyke manier die storie van die townships vertel. Vandag se spotprent waar ’n Orlando Pirates-ondersteuner en ’n Kaizer Chiefs-man “slaags” raak oor wie die PSL-titel gaan wen. Iets waaroor ’n mens kon lag. Vir Yalo se werke klik hier.
Daar is eintlik baie humor in die townships. ’n Mens moet net daarvan bewus wees.
Maar Yalo bewys homself as ’n nuwe generasie Suid-Afrikaanse kunstenaar.
Jip, slim en bekwaam.
Yuri


