Ofskoon ek eNuus ’n bietjie lig in die broek vind, dink ek dat Emma de Villiers ’n knap meisie is met buitengewone talent. Sy is duidelik ’n steunpilaar wat haar sout voor en agter die kamera werd is.
Ek sal so ver gaan deur haar onder die top vyf TV-verslaggewers in die land te beskou omdat sy duidelik kwessies verstaan wat haar maklik laat inpas by stories wat sy doen. En sy verdien ’n kompliment vir haar aanbieding van die sportnuus so ’n paar weke gelede.
Dit is my hoop dat sy van krag tot krag gaan, en dat buitelandse netwerke haar talent raaksien. Sy sal beslis ’n aanwins vir ’n internasionale nuusdiens wees.
Yuri


