Bokomo-brekfisbrief; 19/01/2011: Aanskaffing van 'n toy boy

  • 0

Daar is stories en gerugte in die rondte van ’n dame wat blykbaar ’n toy boy aangeskaf het.

Nou die saak staan so: Ek is min of meer dieselfde ouderdom as die dame maar definitief nie in dieselfde geldklas nie.

As ek nou sou besluit om een van hierdie blykbaar gesogte modelle aan te skaf, hoe sal ek dan weet of dit ’n bargain gaan wees?

Kry ’n mens hierdie kommoditeit op huurkoop of is dit ’n kontanttransaksie? Kan ek darem die kopie toets voor die tyd – jy weet soos wanneer jy ’n motor koop en dit neem vir ’n test drive of sal hierdie dan as ’n joy ride beskou kan word?

En hoe gaan ek weet dat die spesifieke model waarop ek my oog het, dan sal kan perform en nie later herstelwerk nodig gaan kry nie? Is daar ’n waarborg wat saam kom? Ek twyfel of ek geskrewe aanbevelings sal kan kry van vorige kopers.

En wat maak ek met die model as ek nie meer lus het vir hom nie? Kan ek kom afdank en myself dan later voor die CCMA bevind?

So dit is nogal ’n penarie en ek twyfel of my seuns met hierdie saak hand sal bysit. So as daar iemand daar buite is wat raad het, laat weet asseblief.

Groete

Evie

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top