Bokomo-brekfisbrief; 18/10/08: Rugby

  • 0

 

 

Ai, ons ou nasie se verslawing.
Wêreldkampioene.
Super wat-nou-weer deelnemers?

En nou dink ek so by myself: Waar anders is hierdie verslawing so groot dat ons inderdaad daarop kan roem?

Engeland, Frankryk, tewens, die hele aardbol het beter dinge as dat hierdie sport hoog geag word. Ek sien selfs in Oz is rugby die sewende gewildste sport. Ons almal weet dat die wêreld lankal besluit het dat ovaal balle en die sinneloosheid daaragter nie veel sin maak nie. En toe is ons die kampioene. Teen wie? Teen die Ozzies, waar rugby die sewende gewildste sport is? Teen die Ingelse waar rugby besig is om (genadiglik) ʼn stille dood te sterf (buiten natuurlik die elite Eton en soortgelyke colleges)? Teen die sokkermal Italianers, Argentyne, Franse?

Ag komaan, regtig! Die enigste land waar rugby nog hoegenaamd aanhang geniet is hier plaaslik. Is dit nie dalk tyd om hierdie sinnelose, onlogiese sport ʼn stille dood te laat sterf nie, of is dit maar net nog ʼn sewende laan vir wie ons ou kiesers hul siele sal verkoop? Goedkoop die prys van siele deesdae inderdaad!

Alles vir "internasionale" deelname, of hoe? En wie sê die games is nie in elk geval gekook nie?

Rooikappieland hierdie inderdaad, waar ons nog aan feëverhale glo. Intussen kots die ou poefters op die truie maar pocket die armes se swaarverdiende sente ... Herre, kan iemand vir my die logika verduidelik, of is ek maar net een uit ʼn paar biljoen dwase wat nog glo aan iets beter as sinnelose "opium vir die breinlose massas"?

Snaaks genoeg dat dit juis krieket en rugby is wat besig is om saam met die onderdrukkende ou Ingelse ʼn stille dood te sterf. Ongelukkig sal dit seker eers oor 200 jaar hier gebeur, maar ons sal dalk eendag daar uitkom. Ons ou nasie byt mos maar swaar aan verandering.

oester

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top