Hans Julies. Harde bakleier, harde werker, nog harder werkgewer en, wel, nie so sag op sy vrouens nie, maar dis 'n ander storie op sy eie.
Hans het nie gister geleer hoe om met 'n Stihl of Haskie of ander kettingsaag te werk nie. Hy is gebore om met daardie ding te werk. Soos 'n regte dokter mos soort van gebore is vir die werk? Daardie soort van gebore.
Hans het doer onder waar niemand ooit wil kom nie sy blyplek gevind. Doer onder duskant Hamelkop af na die rivier se kant toe. 'n Trekker
Dus kon Hans maar sy ding doen en nooit bodder om bekommerd te wees dat iemand hom daar sal lastig val nie. Vir hom en Hessie. En so het hulle maar die lande bewerk en die huisie opgeknap want hulle het lewensreg op die grond. Wonder of daar nog baie sulke dinge soos lewensreg is? Nietemin, Hans haal van daardie lappie grond doer onder langs die rivier die grootste bete en Waatlemoene en wortels en pampoene af wat jy jou
Hans, soos gesê, ken van om met 'n Stihl te werk. Dis mos altoos asof sommige mense net gebore is vir 'n spesifieke stuk gereedskap. En Hans
En toe is Hans weg daar en het hy sy eie "kompanie" begin met sy eie saagmanne en drywers en skieter operators en dit wat nodig is om 'n bos te reduseer tot papier of pulp of pale of planke. Maar ook dit het nie lank gehou nie, want Hans is nie van die geduldigste soort nie. As jy die Stihl nie reg hanteer nie dan sorteer hy dinge sommer met 'n bakhand uit. En met deesdae se arbeidsverhoudinge en CCMA en dergelike goete kon dit nie hou nie. En dis toe Hans maar heeltemal op sy eie gegaan het.
Onder langs die rivier groente geplant en bo op die rante hout gesaag. En so daag hier toe eendag 'n man op wat iemand soek wat
En so, toe Hans buite hoorafstand is beduie "Pietie" vir ons dat hy baie dinge al in sy lewe gesien het, maar dat hy nou weet dat hy tog nie baie geweet het nie. Want, so beduie Pietie vir ons: "Daai man het vir my beduie dat ek 'n lyn moet trek waar ek die boom wil laat lê. En as ek dit nie met my eie oe gesien het nie sou ek gesê het dis 'n liegstorie. Daai man het my beduie en presies gewys waar ek moet staan. En toe vat hy die saag en, ek lieg nie vir jou nie, die boom val binne drie voet van my voete af. Letterlik op die streep wat ek op die grond getrek het."
Hans is huis toe met sy week se loon en toe sommer nog 'n paar K as bonus omdat die manne van Loxton se wêreld nog nooit gesien het hoe mense werklik met 'n Stihl
oester


