Seniors kan steeds 'n bevredigende sekslewe hê. Hier is 'n paar wenke vir die waagmoediges van gees.
Voor julle begin, plaas die houer met hartpilletjies binne bereik.
Stel die noodnommer op speed dial.
Skryf jou maat se naam op jou hand vir ingeval jy dit vergeet.
Skryf die woord "seks" op jou ander hand as julle dalk vergeet waarmee julle besig is.
Stel die wekker om elke drie minute te lui vir ingeval julle aan die slaap raak.
Sit ekstra poligrip aan jul tande om seker te maak dit beland nie onder die bed nie.
'n Goeie idee om met die ritme te help is om te wag tot die kerkklok lui en dit dan op daarvolgens te doen. Belangrik: Moet asb net nie met die roomyskarretjie verwar nie!
Sit jou bril op om seker te maak jou maat is wel in die bed. Klim in en laat waai. En onthou, raas maar, die bure is net so doof soos julle!
Groete,
Ina


