Nedine het my verstom. Op een van OneGospel se programme (dit was iewers verlede jaar) verskyn sy waar sy haar top tien gospelliedjies kon kies. My verbasing was groot oor haar kennis van swart gospel-kunstenaars en hul liedjies. Seker so drie of vier liedjies is deur swart kunstenaars opgevoer.
Gisteraand op Kwêla laat sy my tone krul van plesier. Sy en die agterkleinseun van een van die Voortrekkerleiers (ek dink Potgieter) gaan saam met die Soweto Gospel Choir ’n liedjie vir Suid-Afrika opneem. Dit is cool man.
Ek is bly dat Nedine die kans gekry het om met hulle op te tree. Die koor het ook al met Kurt Darren opgetree.
Dit is wit Suid-Afrikaanse kunstenaars, wat saam met onder meer PJ Powers, Claire Johnson, Johnnie Clegg en David Kramer in die swart gemeenskap gerespekteer word.
Suid-Afrika werk. Dit is die rassiste wat ons wil laat glo dit werk nie en alles verloop verkeerd.
So vir my is Nedine ’n blom van hoop.
Yuri


