Ek kan 'n ooggetuie-verslag lewer dat die volgende wél waar is:
Dit werk so:
Vroulief bel vir Manlief so teen 7-uur as hy nog nie tuis is nie, om te hoor waar is hy en of hy huis toe kom vir ete. Hy sê dan gewoonlik hy het net vir 'n vinnige drankie saam met sy kollegas gegaan en hy maak net gou die dop waarmee hy besig is klaar, dan kom hy.
So teen 10-uur bel sy weer. Sy tong sleep nou te lekker terwyl hy haar vertel dat hy net gou sy laaste dop drink voor hy huis toe kom. Vroulief neuk sy bord kos in die golfie en gaan dikbek bed toe.
Teen 11-uur bel sy weer maar die bliksem antwoord nie!
Nou lê Vroulief in die bed en kook!
Teen 12-uur as hy nog nie antwoord nie, besluit sy die bliksem lê êrens dood in 'n sloot en sy begin die begrafnis beplan.
Teen 1-uur het sy reeds besluit wat sy na die begrafnis gaan dra.
Teen 2-uur is haar beplanning wat sy met die polisgeld gaan doen reeds afgehandel!
3-uur kom manlief ingestrompel. Nou is vroulief eers de moer in! Al haar beplanning was verniet!!!
Die "morrel" van die storie: Vrouens kan die dood en opstanding van die bliksem nie in een nag verwerk nie!
Aingeal


