Bokomo-brekfisbrief; 18/01/2010: In ruil vir Kestell: Rilke en sy muse

  • 0

 

Hallo Webvoet,

Dankie vir die Bokomo-boekbewys vir my Kestell-brief. Sou al vroeër dankie gesê het as ek iets daarvoor te wys gehad het! Is nou baie ingenome met my aankopie: die briefwisseling tussen Rainer Maria Rilke en Lou Andreas-Salomé, volgens almal, sy muse.

Ek verkneukel my nog altyd daaraan dat Nietzsche dalk vir Lou Salomé gesoen het - een keer teen ‘n berghang in Switserland. Maar dalk ook nie - die akademici stry nou nog daaroor. ‘n Vryer duisend was hy mos: hy vra sowaar sy vriend, Paul Rée, om vir Lou te vra om met hom wat Nietzsche is, te trou. Toe sê sy 'nee'. En toe sit sy en Rée huis op, en Nietzsche kry ‘n cadenza.

Hierdie foto was Nietzsche (die een met die snor) se idee. Hy en Paul Rée staan soos karperde voor die wa, terwyl Lou Salomé die sweep klap.

Jare later was Lou en Rilke, vyftien jaar jonger as sy, ‘n ruk lank geliefdes, en toe daarna, in die twintig jaar tot sy dood toe, vriende. Op hierdie foto luister die twee na ‘n Russiese digter wat sy werk voorlees.

 

Nogmaals dankie vir my boek!

Marietjie Luyt

(Geniet dit, dit lyk na heerlike leesstof! Webvoet)

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top