Bokomo-brekfisbrief; 17/12/09: Piet Botha se 'n Suitcase vol winter: Krismis kom vroeg die jaar

  • 0

Dinsdag glip ek en vroulief laatmiddag Melkbos se kant toe vir 'n Geloftedag-chill saam met Bra Carlito en Anna.

Soos gewoonlik is dit 'n onaardse iPod-gespyker soos songs uitgeruil word en nuwe cd's en bands bespreek word. (Terloops, vir diegene wat nie weet nie, "Chickenfoot" en "Them Crooked Vultures" is twee "must have" bands vir enige rockliefhebber). Kom Bra Carlito met 'n cd in die hand aan: "O ja, ek het amper vergeet, Bra Piet het die vir julle gelos laas toe hy hier was." 'n Kopie van 'n Suitcase vol winter. Jare lank soek ek al die cd. Het selfs die buurvrou se ma van Upington R300 aangebied vir haar deurwinterde kopie, sonder geluk.

'n Suitcase vol winter is een van die drie Afrikaanse albums wat ek as die beste ooit beskou. Ander twee natuurlik Gert Vlok Nel se Beautiful in Beaufort-Wes, en ddisselblom se Bang. Al drie hierdie albums het my opinie en siening van Afrikaanse musiek vir altyd verander. Positief natuurlik.

En hier is een van die redes.

Goeienag Generaal

Ja, dit was die oorlog vir die nuwe dag
Vir die kerkraad, swanger meisie wat wag
In die reën, al die kinders wat die dominee seën,
Al die jong laaities nou net uit die skool,
Welkom, welkom
Dit was vir die ryk man op Waterkloofstraat
Blink gebou, almal werk, maar niemand mag praat
Was vir die weduwees en die armes van gees
En almal in uniform, en die kapelaan lees

Maar Whitey, jou oë op daar dag
Was blou net soos die lug
Toe ons weer so kyk
Het 'n AK jou fucked-up geskiet
Goeienag Generaal

Hulle was die oorlog vir die nuwe dag
Vir Harry Oppenheimer en al sy maats
Vir Rembrandt van Rijn en Alfred Dunhill
En die OK Bazaars
En die hele bloody spul by die SAUK
Julle was die oorlog vir die CIA
Generaal ry rond in sy blink swart kar
Speel skaak met die kinders van ons land
En agter hom is die wêreld nou erg aan die brand

Maar Whitey, jou oë op daar dag
Was blou net soos die lug
Toe ons weer so kyk
Het 'n AK jou fucked-up geskiet
Goeienag Generaal

Kopiereg: Piet Botha
Bron: http://www.jackhammer.co.za/suitcase_lyrics.html#nag

"Generaal ry rond in sy blink swart kar, speel skaak met die kinders van ons land ..." En steeds het dit nie verander nie ... weliswaar nou nie almal Generaals vandag nie.

Rock on!

Neil Kroese

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top