Jaak, ek lees die VK is glo nou uit die Top 20 mees gesogte plekke om te woon ter wêreld, shaaim huh, het dit nooit eens geweet nie!!
Dis seker so dat Londen sy plekke en oomblikke het, maar dis moeilik om verby die lewenskoste te kom daar, hierso in Shenzhen China kan ek elke liewe dag drie maal loop uiteet en doen dit dikwels ook, ek kan ook elke aand uitgaan en kuier na hartelus tot watter tyd ek ookal wil!
Gister het ek oornag in Tzongshan, geboorteplek van my vriend Ray, en natuurlik ook van Sun Yat Sen, vader van moderne China. Ons het drie uiters heerlike etes ingeryg, insluitende die Dim Sum, oggendtee wat ure duur, waar ek ook sommer die pragtige bestuurder in my sak kon kry, haar naamkaartjie in elk geval, daarna was ons twee keer in die saunas, elke keer met massage natuurlik ook ingesluit, vandag weer terug in Shenzhen …
Ek het drie maande laas gewerk, en intussen net rondgereis, dalk werk ek vanaand twee of drie ure, en more een of twee, maar dis oorgenoeg om ʼn woonstel te kan bekostig, een slaapkamer, sitkamer ens, en elke dag te geniet en ook om te spaar vir rondtoer ... daar is net GEEN manier hoe jy in Londen of die VK of die EU eers daarvan kan droom nie!
HK en Macau is letterlik net om die draai hier, en laat ek julle nou maar vertel, as jy dink Londen of die EU is moerse gaan jy in vervoering staan voor HK! En eintlik hou ek meer van Macau!!
Macau is soos ʼn klein Mediterreense stad in die middel van die Ooste, werklik ongelooflik, met die heerlikste cuisine - wat ʼn vermenging is van Brasilië, Afrika en Asië, rooi en wit wyne uit Portugal, vriendelike mense, ook casino’s ja, maar lekker klein, perfek vir rondwandel om tussen die ou geboue en stegies te ontdek, ʼn goed genoeg naglewe, pragtige poppies en alles wat mens se hart kan begeer!
In Londen het ek dikwels wakker geskrik met geen idee of dit nag of dag was nie.
Mense was maar erg stuurs daar hoor, so het ek bv nie een Ingilsman ontmoet in 6 maande nie (darem ʼn mooi pop, al was sy ʼn alkie), net die ander reisigers, Londen is beslis nie vriendelik nie, die weer is mislik, pryse is buitensporig, daar is darem ʼn paar muwwe ou geboue as jy genoeg energie het daarvoor, he, he, maar ek dink met die onlangse fobies oor terrorisme en dies meer is daar geen prettige atmosfeer wat daar heers nie, en laat ons maar geweldsmisdaad noem ook; daar is vele plekke in Londen wat erg onveilig is, en ja, ek sê dit as Suid-Afrikaner: die geweld in Engeland is heeltemal onvoorspelbaar, dis groepe gefrustreerde jongmans wat uit is om skade en selfs dood te berokken kom wat wil, dis vreesaanjaend ...
As dit kom by stede, nou ja, ek moet sê elke keer wat ek in Kaapstad, Stellenbosch, Somerset-Strand-Gordonsbaai kom draai, bly dit lekker, daar is net ietsie in die lug, en die heerlike wyne, kosse en vriendelike mense maak dit uniek, met die agtergrond van die berge en dies meer.
Saam met Kaapstad moet HK ongetwyfeld staan as een van die top 3 mooiste stede ter wêreld, kosmopolitaans, verskriklik besig, tog skoon en eksie-perfeksie georganiseer, met cuisine, naglewe, en mense wat steeds gemanierd is.
Nou ja, soos die liedjie sê, One night in Bangkok makes a hard man humble ... dis ʼn ongelooflike stad, krioelend, in jou gesig, maar die mense bly glimlag deur die waansinnige gejaag, en orals sien jy Boeddhas (in Manila is dit weer net Moeder Marias) ... weereens die cuisine, die bier, die Mekong Whisky, die grasieuse vroue, dit maak Bangkok uniek ... en daar is altyd Laos en Kambodja net ʼn busrit weg ...
Ek wil ook Jakarta besoek ... en Bali, en Oelan Bator in Mongolië, en die plekke waar die Boeddha gebore is, Nirvana gevind het, geloop en sy Dharma versprei het, en gesterf het, plekke soos Lumbini, Kapilavastoe, Bodh Gaya ... Nepal, Katmandoe ... en die ongelooflike plekke van Afrika, Zanzibar, Madagaskar, Tanzanië, Timboektoe, Casablanca, Tunis, Luanda, Brazzaville, Mali, Ethiopië, Egipte, Kenia, Okavango, Durban, Oos Londen, Lüderitz, Swaziland, Zim, en so baie meer ...
Ek droom egter van Rio!! Volgende jaar wil ek daar wees, die karnaval sien, die braaivleis eet, die strande bewandel, die berge, selfs die slums, Portugees leer praat, die mense sien wat Capoeira doen, en dans en lag en die lewe geniet!! Dis een van my droomplekke ...
Die aarde is ʼn oester ...
Francois Williams


