Dis mos iets wat ons moderne mense nie meer doen nie. Of doen ons dit dalk net waar almal nie
Dikwels
Soos Piet Bosbyl. Piet was sy regte naam. Die Bosbyl deel kom van toe hy nog gevry het. Nou sal julle wat ken van byle weet van 'n bosbyl. En as jy nie weet nie gaan ek jou nie reghelp nie. Want destyds toe Piet nog rooi hakskene gehad het en na Evie gevry het het hy met sy bosbyl gestap. Nie om hout te maak nie, maar om ander vryers behoorlik en vir ewig te laat wyk. Want 'n byl
Piet en Evie het, logies (ek wonder of sy ingewillig het of bloot ingestem het) "getrou" en vele kinders verwek. Piet was 'n klein mannetjie wat vir die afdelingsraad gewerk het. Eers as arbeider en later, omdat hy bleddie hard kon werk, as drywer. Destyds was hy een van die eerste Raadsmanne gewees wat sy eie bakkie kontant gekoop het. So 'n afgeleefde en gedaan Nissan wat met genade en Hennie Loopdop aan die loop gehou is. En so het Piet later mense rondgery al was hy halfpad van Waterkloof af reeds sterk op pad na Tiepland.
Tot die dag wat Piet te veel gevat het en langs die teerpad na Oudtshoorn toe basies loop lê en tiep het. Mens sien mos soms 'n afgeleefde bakkie langs die pad staan en omdat mens omgee stop jy om te kyk of die insittendes veilig is. Maar die pad Oudtshoorn toe word mos meestal deur GP-karre gebruik, want ons ry mos eerder die agterpaaie. So het Piet klaarblyklik gevoel hy kan nie verder ry nie en wou dalk eers met Elvis loop bladskud voor hy verder ry op pad na sy skelmpie toe by Bosbou (ja, Piet, ons het geweet van haar, maar het maar ter wille van Evie stil gebly) of wat ook al die rede is sal ons tot in ewigheid oor wonder.
Want Piet het daar langs die pad loop lê en tiep, en so het die mense hom gekry. Stokstyf.
Hulle sê die son het hom doodgebrand en ek
Evie? Laasweek sê-vra ek haar hoekom sy dan nie weer man vat nie. Sy't my net so skaam aangekyk soos sy maar altyd doen: "Wat wil ek met nog 'n h...jaer maak?"
oester


