Beste Klaas
Man, dis mos waarvoor SêNet daar is – sodat ons kan kibbel, stry, mekaar slegsê, debatteer, en struwel. Dis waarom ek en Kobus mekaar so nou en dan aanvat. Dink net watter plesier ons ou spulle aan Maggie verskaf. My GPS sê my sy sit 1593 km ver van my, maar ek hoor haar hier vanaf 9uur se kant kort-kort kraai van die lag.
Moenie so hard praat van plataarde nie. Daar is plataardemense wat ons almal onder die tafel sal invee met Bybeltekste, wiskunde en wetenskap. Oopkop gelowiges? Wat jy waar kry? Die oopstekop gelowige wat ek ken, is ons dominee, en hy drink mensbloed en eet mensvleis. Ek stem saam met jou; die argument is sinneloos en tydmors, maar die geskarrel anderkant in die hoenderhok is darem prettig.
Dankie vir jou raad en teregwysing.
Groete
Angus


