Ek het heerlik geskater oor Yurie se lakonieke nostalgie-trip oor die groot hero van ons jeug.
Diep songs. "Jonathan Livingston Seagull" dra steeds my siel op die vleuels van die winde. Ag, en "Cracklin' Rosie", "Porcupine Pie", "Play Me", "Sweet Caroline", "I am I said", "Brooklyn Bridge", "Song Sung Blue" ...
Ek weet vrind Herman Lategan sal seker weer mompel "heerlik kitsch" of "kommin" maar ek gee nie ’n duit om nie. Neil Diamond, Boney M, Abba, Bob Nylon, Leonard Cohen ... Daai ouens kon nog briljante lirieke skryf, musiek komponeer wat wys dat hulle ten minste al toonlere geoefen het en iets van musiek verstaan.
Somehow het ek die indruk dat vandag se musiek-heroes nooit basiese vaardighede in musiek bemeester het nie. Die komposisies is meer lawaai as musiek en die lirieke kom dikwels nie verder as een woord of een sinnetjie wat oor en oor herhaal word nie. Soos ... “Barbra Streisand”
Oor en oor.
Hoe lyk dit Yurels? Jy't mos altyd so baie connections. Die Wêreldbeker het gekom en gegaan en ek het nie eers ’n sagte gefluister gehoor van een ou komplimentêre sitplekkie in die agterbanke nie. En nou's die Diamond-man hier. Waar's die diamonds? En moenie dink jy gaan ons entoesiasme demp deur ons "middeljarige tannies" te noem nie!
Die jeugdige brigade van eens soek ringseats. Antie Ellen, die breathtaking Douwleen, die hippie soul Wini en Krokodil in haar swart leer outfitjie. En asseblief ook ’n sitplekkie vir Swerwer en mijnheer Lategan. En die allerskattigste Maya en Sy Sexyness. Ja asseblief! En sien asseblief toe dat Maya nie op sy skoot sit en sy aandag heeltyd aftrek nie. Ek het naamlik ’n vragie aan hom: Ek wil weet of die nuwe webvoet Francina Marxis is, daardie befaamde opsweepster wat ons almal destyds ons sepie-penne in ink laat doop het ...
Allerskattigste groetetjies
Pouveer
Hiehiehiehie ... – Maggie


