hoe kan Mens mediatribunaal vrees,
as Mens nog nooit, nimmer, inne lokasie was,
hoe kan Mens mede-Mens, Naaste, leer ken,
as meeste media, ingebed, niemand wil red,
uit onkunde-ontkenning, struktuurgeweldsindroom,
eerder verag, bespot, behoon, bevark, sonner te skroom,
aan neus rondlei, uit hlopekha, swaarkry, nie verg te bevry
vir al wat God Weet, ‘t Mens Hom reeds lankal vergeet,
innie bek geruk deur sjeel pers, tiete, boude, ontalig taal,
spesifiek gestruktureer om uit armes se bladsy-drie-wellus,
uit drang na spotgoedkoop sensasie, keer op keer, te profiteer
Jacobus Faasen


