Bokomo-brekfisbrief; 16/09/08: Manipulasie, vir Bobbejaan

  • 0

 

 Manipulasie is 'n sterk woord. Nee, ek sou nie sê hulle het die onderhoud gemanipuleer nie en daar was definitief nie verskuilde agendas nie, indien dit 'n vermoede was.

Goeie joernalistiek is veronderstel om 'n gebalanseerde ingeligte uitkyk op 'n spesifieke saak te gee en dit aan die kyker/leser oor te laat om 'n besluit te maak waar sy/haar opinie oor die saak lê.

In hierdie spesifieke geval dink ek (want ek is nie die vervaardiger nie) hulle wou bloot 'n gebalanseerde perspektief oor die saak kry. Wat dalk gebeur het is dat ek 'n opinie oor die BEMARKING gehad het, maar dat dit nie in dieselfde trant was of in lyn met my opinie oor die geskiedenis of die teaterstuk self nie. Dit was dus nie relevant om my swanesang oor die Afrikaner/talent/geskiedenis/taal in te voeg nie, want dit sou nie die gebalanseerde perspektief wat hulle benodig het weergee nie.

Dié van ons wat met die media werk, weet dat dit die modus operandi is en mens kan hulle nie regtig kwalik neem nie, maar 'n mens moet eerder die uitgangspunt probeer verstaan. Dit is moeilik om te weet wat die einddoel met 'n produk is indien jy nie die vervaardiger is nie. Derrick het die volgende stelling gemaak: "Deon het gesê dat 'n mens jou nie kan uitspreek oor die stuk alvorens jy dit nie gesien het nie; wat dink jy daarvan?"

My antwoord was: "Hy is absoluut reg en ek spreek my nie daaroor uit nie!"

Carte Blanche sal nie dit uitsaai nie. Wat is die nut daarvan om lugtyd te mors op 'n opmerking wat bloot 'n stelling bevestig?

Hoop dit antwoord jou.

Zelda la Grange

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top