Bokomo-brekfisbrief; 16/09/08: Elkeen het 'n Engel ...

  • 0

 

 

Liewe LitNet-bewonderaar,

Stel jouself voor:

'n Spierwit, lieflike huis met verskeie verdiepings, omring deur oorvloedige tuine, prentjie mooi natuur, versorg van hoek tot kant. Maar die huis staan direk langs 'n groot sportkompleks en na elke wedstryd waai die wind met genoeg vullis en papier oor die muur om die hele tuin te bedek. So was my lewe. Immers so elke nou en dan tot nou.

Wonderlik genoeg om ander jaloers te maak (my bewonderaars wat hul verlustig in my nuwe skryfstukke en saans oor my droom, albei my ouers leef, ek vertou steeds vir JESUS vir die lieflikste man, en gesonde kinders) maar net genoeg vullis om my wakker te hou ...

Tot ʼn paar maande terug.

Lankal kom die storie met my saam en ek ignoreer hom, gym-sessie na gym-sessie, koffie na koffie (ek moet altyd iets drink want 'n koppie laat my vingers langer en vrouliker lyk), maar die een aand kom sit hy helder voor my en ek kry hom nie weg nie.

Teen die seiling hang my engel.

Wat kyk jy? vra ek.

Ek wil nie baklei nie, sê hy, maar jy ken die waarheid?

En wat is dit? vra ek.

Jy wil ook graag vry wees. Jy kry net moeilikheid met die spanning. En jy weet ook angstigheid maak jou ongemaklik.

Ek sê niks, want ek weet dis die reine waarheid.

Engel soen my op die voorkop en toe's hy weg. Hy's nou nog weg, maar ek mis hom nie. Dit was verskriklik vinnig.

Volgende dag kies ek vir my 'n oulike instruktrise. 'n Fris stewige een. Nou weeg ek byna ligter as 'n leë skilferkors! Maar ek self dink nog steeds ek is te dik.

Geseënd is ek vir ewig.

Nooit weer het ek die noodsaaklikheid van wit skuime wat aan my bo-lip moet sit nie (mense wat te veel koffie drink het aandele in 'n koffiebone-fabriek, glo my) en die enigste alkohol wat ek tans inkry is deur my parfuum.

Ek sing laaaaang note, ek slaap vas, ek ruik lekker, ek oefen ek eet gesond ...

My angstigheid is skoonveld weg.

Uit volle bors wil ek bulder, vanaf die hoogste, hoogste berg. Ek moet nog net die berg kry!

Voorwaar, ek glo elke mens het 'n Engel, jy moet hom net kans gee, dis so maklik ...

Nou. Hierdie is 'n boodskap vir jou wat op die oomblik hier lees. Mag jou Engel oor jou waak vanaand net soos daar geskrywe staan in Psalm 91:11. En sou jy hierdie briefie eers môreoggend vroeg lees nadat jy 'n beker vars filter koffie geskink het, gestrek en gepiepie het, dan tel die Engel se opdrag jou hele Donderdag lank ...

XXX

Kaalvoet Jasmyntjie

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top