Bokomo-brekfisbrief; 16/05/2010: Hamdrilah

  • 0

al issit Athlone-tweelingtorings,
al issit Satan, bergman met horings,
al issit kolonialisme, slaaftyd, apartheid,
pejorativeer-, diskrimineer-mentaliteit,
superioriteit, korruptheid se phêla-tyd

sal ons nog baie lank onthou,
miskien nie met verlange, heimwee,
veel eerder met blydskap, vreugde,
met stresloosheid van opgewektheid,
amper asof ons tot wakkerheid ontwaak’t,
sal ons weer Gewete-vervuld, Mens-waardig,
Lof en Prys sing, aan Allah opreg ons offers bring

Paradys, ons Moederland, Utopia, Mzimkhulu,
sosio-kultureel, eties-moreel, essensieel-Spiritueel,
Mens se val, selfvernietigingstryd, omvattend evalueer,
eg Kinderlik ons Vader, Sy Skepping, van vóór af waardeer

Gamdrielaa

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top