wis of onwis, kennis of onkunde,
solank Mens net nie, Self-minagtend,
Self-hatend, Self-destruktiewelik,
te werk gaan, opereer, kapitaliseer,
hart, siel en gees geweldig te lyf gaan,
oorspronklikheid uitwis, vernietig,
soos met natuurlike hulpbronne,
meedoënloos, een na die ander,
besef ons nie hoe almal gaan leef,
as almal net so welaf soos ons is,
op dieselfde peil van welvaart,
geletterdheid, IT-kundigheid,
elkeen ’n ekspert, deskundige, opgelei,
veral in wetenskap van net-genoeg-kry
Duiwelspiekdissipelskap egter ’n struikelblok,
onkunde-ontkenning ’n wesenskenmerk, uniek,
aanbidding van boosheid se bose, manifestasie,
ophemeling van ondermaansheid, pornografie,
naaktheid van ons ongeërgdheid, dikvelligheid,
soek ons voortdurend rede vir misdaad, geweld,
terwyl die tronke dekades lank al te vol is, God,
hoe lank sal Duiwelspiek nog doer bo ons Moeder,
doer bo ons Parlement, bo ons sinagoges, moskees,
uittroon, ikoon van Mens se mugu-dom-nooslikheid,
wêreldberoemd simbool van satansonderdanigheid
Utopia nergens oppie mêp, absoluut ongekaart,
weg daarheen onbekend, kanti, “Duiwelspiek”,
verwronge verering van gevallene, oud-engel,
nie ’n manier om rolmodel-model in geheelbeeld,
in God se groter opset, aan naïewes bekend te stel,
krisisoplossingslekgotla nog nie op enige agenda,
liewe Mens, wanneer sal Gewete dan herwin word,
wanneer sal Mens mede-Menslikheid herintegreer,
iets uit Mens, Homo sapiens sapiens, se storie leer,
is of was’r ooit sprak of sprook van ’n soort agenda,
verstaan Mens nie Mens gaan sonder Gewete sterf,
as ingryping, intervensie, bemiddeling, nie realiseer
Jacobus Faasen


