Bokomo-brekfisbrief; 15/11/08: 15 November - "Skrywers in gevangenis"-dag

  • 0

 

 

15 November is "Skrywers in gevangenis"-dag.

Sedert Januarie vanjaar is wêreldwyd 124 skrywers tronk toe gestuur, twee is doodgemaak, 65 word tans ondersoek, 203 is in hofsake betrokke, 45 is met die dood gedreig, 65 is aangeval en een is ontvoer.

Aldus PEN USA.

Ek gaan 'n kersie aansteek vir dié wat in die tronk is. En die donker dae onthou toe Lewin, Breytenbach, Cronin, Brutus, Mogale, Pheto en baie ander opgesluit was.

En dink aan ander, selfs die grote Pamuk, wat steeds gebuk gaan onder die tipe wetgewing wat in my leeftyd in hierdie land die norm was.

Groete

Die onkommin leser

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top