Bokomo-brekfisbrief; 15/10/08: Liewer dood in SA as taggentaggentag jaar in Oz

  • 0

 

 

Vriende van my wat twee jaar gelede na Australië verhuis het, is nou op pad terug na die Sonskynland. Kry as buitelanders nie bevordering nie, kla hulle. Het in twee jaar se tyd geen vriende gemaak nie. Die Ozzies verkeer in ʼn gemaksone waarin dit nie vir hulle nodig is om uit te reik na vlugtelinge van SA nie.

Ek glo hulle. Kyk nou maar vir Klaas, wat met vervelige reëlmaat sy verskyning maak op LitNet. Kennelik vriendloos. Het nie juis ʼn lewe nie. Behalwe om die Ozzies se kleinhuisies vir hulle kraakskoon te hou. In sy jongste brief het hy dit oor die Suid-Afrikaanse sendelingvrou wat eers in ʼn boom vasgery het voor sy in die kop geskiet is. Dis vreeslik ja, maar Klaas se schadenfreude is vreesliker. Oz is besig om van Klaas ʼn Suutjiespoep te maak. Dit kom nou van te lank in ʼn land bly wat Audrey Blignault in haar boek 'n Blywende Vreugde so beskryf:

"ʼn Vervelige land. Dit het op ons die indruk gemaak van ʼn gekastreerde Suid-Afrika. Geen swart of bruin mens nie en geen Boere om die Engelse op hulle herrie te speel nie. Geen probleme nie. Stel jou so ʼn doodsheid voor!"

Later in die boek: "ID du Plessis - wat ook ʼn Patrick White fan is - vra vir my watter soort land Australië is - ek sê, met uitsondering van Patrick White, ʼn drol van ʼn land. Die soort land wat Suid-Afrika sou gewees het as hier nie Afrikaners, hotnots en kaffers was nie. Nee, sê hy, dan weet hy."

In "Why I'll never live in Oz again" skryf Rick Crosier oor die "nation of flat-accented, stubbie-wearing Neanderthals ... (who) wore hats with corks attached to strings to ward of flies and walked around saying "G'day mate" and "Good on yer".

Grillerig! Ek sou ook, soos Klaas, BOER op www.news24.com om ʼn bietjie opwinding in my lewe te kry.

Oor Perth skryf Crosier:

"Perth certainly exists, though to what purpose no-one is sure. It is, reportedly, the most remote city in the world. I can understand why. It's like one of those people you meet at a dinner party, and then the next day someone asks you if you remember Trevor, you scratch your head and go, "Trevor? Trevor was there?"

Oor Brisbane:

"The most important thing about Brisbane is probably that it has an airport, so you can leave".

Geen land is so oorgereguleer as Oz nie "and it tends to start sucking the life out of the place", kla hy. In Australië word ook van jou verwag om altyd vriendelik te wees en geselsies aan te knoop met mense benede jou stand, soos kleinhuisie-skoonmakers:

"I do not like being nice to people. In Australia you have to be. If I want to buy my Sunday paper, I want to buy it, go home, sit on the couch and read it. I do not particularly care about the vendor's family history or how her day's been. I do not fancy a chat with the till-jockey when I'm buying loo-paper".

Ag, en dan is daar die ou Oz-woordjies:

"Barbie" vir ʼn barbecue (aitsa!)
"brekkie" vir breakfast (hiert jou!)
"coldie" vir ʼn bier (ai toggie toggie!)
"postie" vir postman (bring die opgooisakkie!)
"mozzies" vir muskiete (Bwaaaag!)

So ja, as ek moet kies tussen ʼn ontydige dood in Suid-Afrika en taggentaggentag jaar in die Oz-ouetehuis, kies ek met akklamasie eersgenoemde.

Dogter van Jefta

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top