As mens begin oud word verander jou siening van dinge en ander prioriteite kom na vore. Dinge soos of jy swak en sieklik gaan word met 'n uitgerekte siekbed vol pyn kom in jou gedagtes op. En of daar 'n God is, 'n lewe na die dood, raak nou belangriker om te weet. Maar jy kan dit tog nie werklik met sekerheid weet nie, daar is geen tasbare bewyse nie, maar nog steeds net die twyfelagtige stokou boek genaamd die Bybel en al die bewerings wat deur mense gemaak word, wat hulle nie kan staaf nie. En dikwels is die gedrag van die sogenaamde gelowiges eerder vir mens 'n afskrikking, selfs dié van baie van hulle leiers, wat hulle sakke vol stop van die tiendes geskenk deur hoopvolle gelowiges - hoopvol dat hulle met die geskenke vir hulle 'n plek in die hemel koop. Let eerder op die gedrag van mense teenoor hulle medemens en let veral op die wat liefdadigheidswerk doen onder minderbevoorregtes: party van hulle is nie eers gelowig nie, maar verdien myns insiens 'n spesiale plek in die hemel, as daar dan 'n hemel is.
Die beste wat ek kan doen is om te hoop - hoop daar is wel 'n God, 'n genadige God wat omgee, wat begrip het dat ons tog nie al die teenstrydige en onwaarskynlike verhale van die Bybel en sogenaamde Christene kan glo nie. As daar dan nie 'n lewe na die dood is nie, is dit maar seker soos 'n ewige slaap waaruit mens nie wakker word nie. Jou liggaam word weer deel van die aarde en leef op daardie manier voort, en die energie in jou - hitte en elektriese impulse - word seker deel van al die energie wat in die universum beskikbaar is. Maar mens wil tog nie werklik doodgaan nie, almal sal seker kies om vir ewig te lewe as hulle kon: miskien is dit juis oor hierdie vrees vir die dood wat godsdiens in die eerste plek ontstaan het. Want ons wil nie aanvaar dat daar eendag 'n einde aan ons lewens gaan kom nie.
As mens jonk is, sien jy
Hoop is belangrik regdeur 'n mens se lewe. 'n Jongmens wat probleme het, hoop dat dit sal beter gaan in die toekoms. Hy hoop om eendag 'n goeie werk te kry, 'n mooi vrou en kinders, 'n motor en lekker huis. Natuurlik werk hy ook daaraan om hierdie dinge te bereik, maar as hy nie
Vir 'n ouman is daar niks of weinig om voor te hoop op die aarde nie. Jy
Bejaarde
(Die brief het al voorheen hier op LitNet verskyn, maar daar was 'n versoek dat dit weer geplaas word om almal weer daaraan te herinner. Webvoet)


