Nee, nie jy nie. Daai song wat jy gesing het. Jy weet: "Amanda, light of my life ..."
Dit was nog in die tyd van die langspeelplate en ja ... daai song het vir 'n paar mense op 'n tyd nogal iets beteken, al is dit vandag so corny soos 'n mielie.
Ek wens veral nou dat jy nooit die lied gesing het nie. Ek wens die besending plate het iewers ter see verlore geraak of die vliegtuig is gekaap deur een of ander Arabiese prins wat vliegtuigbrandstof nodig gehad het. Maar dis ‘n wens, en wense word net in stories waar.
En nou, baie jare na die tyd en 'n leeftyd wat verby is, nou kom spook jy weer by mens. Want die vrae lê onbeantwoord en die redes agter dit maak sin, maar is eenvoudig net nie aanvaarbaar nie.
Mag mens vra of moet mens bloot net aanvaar? En het mens hoegenaamd 'n keuse?
oester


